PSALMS 121:1-3 AFR83
[1] 'n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? [2] My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. [3] Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.
https://bible.com/bible/6/psa.121.1-3.AFR83
